Seid Manor
Trou Venue Hartbeespoort
Soek jy ‘n trou venue in Hartbeespoort met die berg agter die kansel en die hele familie wat kan oorslaap? Welkom by Seid Manor, op die Magaliesberg se rug, 45 minute van Sandton en Pretoria af.
Wat jy kry
‘n Klipkapel met die vallei agter die paadjie. ‘n Onthaalsaal wat 150 gaste vat, met feeliggies en ‘n dansvloer wat werk. Sewe rondawels en ‘n bruidsuite op die plaas, sodat niemand na middernag huis toe hoef te ry nie.
Pryse reg op die webwerf
Ons wys ons pryse. Die basispakket is R58,000 vir 50 gaste, en elke ekstra gas is R850. Jy kan jou eie kwotasie in 60 sekondes op die webwerf bou, sonder om eers jou nommer vir iemand te gee.
Kom kyk self
Bring jou ma saam op ‘n Saterdag. Sy gaan die regte vrae vra, en die berg antwoord die meeste daarvan self.